Local newsNewsStreeknuus

Delmas se VLU-tak kuier saam ander takke in Polokwane

“Die Gala-aand was verskriklik lekker. Jannie Moolman was ’n groot verrassing - wat ’n fees was dit nie.”

Die Suid Afrikaanse Vroue Landbou Unie-kongres (SAVLU) vind driejaarliks plaas. Vanjaar het dié geleentheid op 22 en 23 November by die Bolivia Lodge in Polokwane plaasgevind en sowat 60 VLU-lede van oraloor het dit bygewoon.

Lede van Delmas se VLU-tak was ook daar verteenwoordig. Volgens die tak se sekretaresse, Ansie van Zyl, was dit haar eerste bywoning van so ’n kongres.

Tydens die verkiesing was Cindy Coetzee as president van SAVLU herverkies. Magda du Toit het die vroue van die mooiste landbou vroue-dagboeke voorsien.

“Die dagstukkies wat sy saamgestel het, het sy met met ’n reisjoernaal as oogmerk geskryf,” het van Zyl gesê.

Volgens van Zyl was haar aanbieding ook baie spesiaal en gerig op elke individu wat as gewonde mens wél ’n verskil kan maak.

Carina Franck het gepraat oor die Kalahari Skin and Body-reeks en elke vrou was met ’n klein geskenk bederf.


Delmas VLU-taklede, Ansie an Zyl, Marie Jordaan en Marié Terblanche by die SAVLU-embleem.

Benita Waldeck van Avbob het gesels oor hul betrokkenheid by die gemeenskap en projekte wat onder die vaandel van dié entiteit van stapel gestuur word.

Sanlam se Carina Franck en Cornette van Zyl het ook die vroue toegespreek. Die nou al bekende Rolkem het ook weer vir die kongresgangers ’n demonstrasie gelewer met Miami wat vrygewig was met die uitdeel van geskenke.

Nog ’n demonstrasie was deur sjef, Riëtte Klopper gehou. Komediant Reyno Wepener, bemarker en vermaaklikheidskoördineerder van die ATKV, het die vroue met sy kwinkslae vermaak.

“Die gala-aand was verskriklik lekker. Jannie Moolman was ’n groot verrassing – wat ’n fees was dit nie,” het van Zyl ook vertel.
Ook Aalwyn Oberholzer was ’n fees vir die vroue.

Die tweede dag van die kongres was op ’n ernstiger noot afgeskop met twee besrekingspunte van belang.

“Een daarvan was ’n versoek aan die Departement van Onderwys dat sanitêre doekies aan alle skoolgaande dogters beskikbaar gestel moet word.”


Marié Teblanche, Johannes de Villiers en Ansie van Zyl.

Die tweede punt was gerig aan die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Aptekersraad en die hoof uitvoerende beampte om dringend aandag te gee aan die verantwoordelikheid van aptekers in die uitreiking van, spesifiek skedule een- en twee medikasie, aan pasiënte.

Ligter oomblikke het aangebreek toe sjef Kelly Fowlds ’n macaroon-demonstrasie gehou het.

“Natuurlik was daar ook weer skou-artikels en dit was ongelooflik mooi en van uitstaande gehalte,” het van Zyl verder laat hoor.

Die kongres het op ’n hoogtepunt afgesluit met Johannes de Villiers wat die vroue met sy RSG-praatjies beïndruk het.

“Die Delmas VLU-tak nooi alle vroue om ons vergaderings te kom bywoon in die gesellige en positiewe atmosfeer van vriendinne – ons verwelkom elke nuweling met ope arms,” het Van Zyl afgesluit.

Skakel gerus die voorsitter, Marié Terblanche, by 083 968 2203.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button