Local newsNewsSchoolsStreeknuus
Rayton se Graad Sewes groet
Leerders lui klok om hul laaste dag aan te dui.
Laerskool Rayton se Graad Sewe leerders het verlede week hul laaste dag by die skool gevier.
Ná maande van harde werk en die afronding van hul laaste eksamens, het die leerders ’n dag van lag, herinneringe en tradisie geniet, terwyl hulle voorberei om hul laerskooljare agter te laat en na hoërskool aan te beweeg.
“Dit is ’n emosionele oomblik, nie net vir die kinders nie, maar ook vir ons as onderwysers en ouers,” het ’n onderwyser vertel.
“Ons is opgewonde oor hul toekoms, maar hulle sal baie gemis word.”
Die leerders het mekaar omhels, herinneringe gedeel en met trots hul laaste tree as laerskoolleerders geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




