Uitkoms Akademie erken leerders se uitsonderlike prestasies
Selfs leerders wat akademies sukkel, maar uitstaande karaktereienskappe toon, het verdienstelikheid sertifikate ontvang. Hierdie inklusiewe benadering is daarop gemik om leerders aan te moedig om op alle terreine te groei.
Laerskool Uitkoms Akademie het op 6 Desember hul jaarlikse erkenningsaand gehou – ’n aand wat die harde werk, toewyding en goeie gedrag van elke leerder gevier het.
Met meer as 300 sertifikate, 27 trofees en talle boekpryse aan leerders oorhandig, was die aand ’n viering van prestasie en potensiaal.
Terwyl top akademiese presteerders spesiale erkenning ontvang het, is daar ook aandag gegee aan deelname in sport en kultuuraktiwiteite.
Selfs leerders wat akademies sukkel, maar uitstaande karaktereienskappe toon, het verdienstelikheid sertifikate ontvang. Hierdie inklusiewe benadering is daarop gemik om leerders aan te moedig om op alle terreine te groei.
Een van die mees gesogte toekennings van die aand was die Sonneblom toekenning, wat aan leerders toegeken word wat uitmuntende vordering getoon het – nie net akademies nie, maar ook in karakterontwikkeling. Hierdie toekenning is ‘n simbool van hoop, groei en volharding, kernwaardes van Uitkoms Akademie.
Die ontvangers hiervoor is Marcus Roberts (grondslagfase) en Lorenzo Greyling (intersenfase). Hierdie twee leerders het uitgestaan vir hul harde werk, toewyding en merkwaardige verbetering oor die jaar.
Die aand het ook erkenning gegee aan sport- en kultuurdeelname, wat leerders aanmoedig om hulself op verskillende gebiede te ontplooi.




