Local newsNews

Secunda se Skemerkelkie-vroue leer van stoffering

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 16 Januarie by te woon.

Lede van VLU Skemerkelkie, die aandtak op Secunda, het hul jaar op 11 Januarie afgeskop met ’n werkswinkel waar hulle van stoffering geleer het.

Die vroue kon kies of hulle kopstukke, banke of enige ander meubels wou stoffeer. Die span van Amanda Pistroius Upholstery Training van Vanderbijlpark, het die vroue kom touwys maak.

Die VLU Skemerkelkie-tak het hul volgende vergadering op 16 Januarie om 18:00 in Die Rots saal by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Sophie Hugo by 083 701 9709.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button