Local newsNewsStreeknuus

Cullinan Boere Unie se Pampoenfees is byna weer hier

Maak seker jou kalender is gemerk op 15 Maart 2025 by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton.

Die Cullinan Boere Unie TLU SA is gereed vir die jaarlikse hoogtepunt op die kalender – die Goliat van Gat Pampoenfees wat op 15 Maart by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton plaasvind.

Pampoenliefhebbers landwyd het reeds hul sade gekoop, geplant en versorg in die hoop om vanjaar die rekord vir die grootste pampoen te verbeter.

Die vraag op almal se lippe is, sal 2025 se wenpampoen die bestaande rekord van 890 kg verby kan vat?

Henri Combrink, organiseerder van die Goliat van Gat Pampoenfees, vertel daar is reeds groot afwagting vir vanjaar se kompetisie.

“Die boere is reg om hul beste te lewer, en ons kan nie wag om te sien watter reuse pampoene op die skaal gaan beland nie,” het Combrink vertel.

Die kompetisie bied pryse aan die 10 grootste pampoene, asook ’n spesiale kategorie vir kinders onder 16 jaar, waar die top drie junior pampoene ook erkenning en prysgeld ontvang.

Vir diegene met ’n sin vir humor en kreatiwiteit is daar ook pryse vir die mooiste en die lelikste pampoene.

Die fees is nie net vir pampoenboere nie. Daar is ook kanse vir ander groot groente soos bielie komkommers en reuse tamaties, wat vir hul eie pryse meeding.

Handige kokke kan inskryf vir die pampoengereg kompetisie, waar tuisgemaakte disse soos pampoenpastei, pampoenpoffers of pampoentertjies hul plek in die son kan vind.


ALSO READ: Family innocently drives car in Standerton that was flagged as stolen


Kreatiwiteit en smaak word hier die sleutel tot sukses.

Die fees bied ook ’n mark met allerlei eet- en drinkgoedstalletjies, wat sal sorg dat feesgangers lekker kan kuier terwyl hulle die kompetisies geniet. Aansoeke vir stalletjies is reeds oop vir enige entrepreneurs wat deel van die fees wil wees.

“Of jy nou jou reuse pampoen wil inskryf, deel wil neem aan die kook kompetisie, of net die wonderlike gemeenskap wil beleef, die Goliat van Gat Pampoenfees 2025 is ’n geleentheid wat jy nie wil misloop nie,” het Combrink verduidelik.

Vir navrae en inskrywings, kontak Combrink by 082 552 9428 of stuur ’n e-pos na culliboer@gmail.com. Maak seker jou kalender is gemerk op 15 Maart 2025 by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button