Local newsNews

Lindiwe en Venessa dien die gemeenskap van Standerton

Lindiwe Avontuur gee graag aan haar gemeenskap met ’n oop hart en met die hulp van Vanessa van Rooyen is sy van plan om haar operasie te vergroot en nog meer gemeenskapslede in nood te bereik.

Lindiwe Avontuur is sedert 1987 ’n instansie in die gemeenskap wat minder bevoorregtes ondersteun waar dit nodig is.

Avontuur is gebore in 1963 op Vrede en het skool gegaan in Standerton by Azalea Primary School. Sy is grootgemaak in die Khoi-san kultuur.

“Ek het nog altyd ’n passie vir mense help en leef die passie daagliks uit,” het Avontuur gesê.

Avontuur se missie het afgeskop met die hulp van haar dogter, Sanna Makhube, wat haar destyds gehelp het om potte kos te maak en te vervoer na gemeenskappe in nood.

Tans volg Avontuur ’n streng weeklikse program wat haar toelaat om aan sowat 82 mense kos te voorsien. Op Maandae ontvang Avontuur vars groente en verpak dit om aan minder bevoorregtes uit te deel.

Dinsdae bring aan haar nóg ’n geleentheid om sopbene wat aan haar verskaf word te verpak en aan die gemeenskap te oorhandig.

“Op Woensdae hou ons ’n sopkombuis om vir mense kospakkies te verskaf,” het sy bygevoeg.

Vars groente en sopbene is nie al wat sy aan haar gemeenskap verskaf nie.

Avontuur het verduidelik dat sy elke Saterdag die gasheer is by ‘n samekoms waar diegene wat kos ontvang ook meer van die Here leer.

“Dit is te danke aan die Here laat ek kan aanhou met wat ek doen,” het sy gesê.

Avontuur het Venessa van Rooyen deur middel van hul werk by ‘n plaaslike apteek mekaar ontmoet. Hul vennootskap is gebou op ’n basis van respek en vertroue.

“Vanessa het baie vinnig haar passie vir mense ontdek en help graag waar sy kan,” het Avontuur bygevoeg.

Avontuur en Van Rooyen se paaie loop nou al vir sowat 10 jaar saam. Volgens Avontuur toon die 33-jarige Van Rooyen groot passie vir liefdadigheid.

Die vennote sien uit na die toekoms van Standerton.

In hierdie jaar is hulle van plan om elke drie maande ’n sopkombuis aan te bied waar skoene en klere aan die gemeenskap gegee sal word.

“Ons gaan in die jaar aansoek doen om te registreer as ’n nie-winsgewende organisasie. Hopelik teen volgende jaar is ons voorbereid om nóg meer vir die gemeenskap by te dra,” het Avontuur afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button