Local newsNewsSchools

MLA spog met 100% slaagsyfer

Die top presteerders vir die jaar is Camille van Rooyen, met ’n gemiddeld van 76% en een onderskeiding en Luhani van der Berg met ’n gemiddeld van 73% en twee onderskeidings.

Morgenzon Landbou Akademie (Landties) spog vanjaar met ’n 100% matriekslaagsyfer vir hul 2024 klas.

Die 17 matrieks in die skool se 2024 se matriekklas het altesaam 12 onderskeidings bymekaargemaak.

Die skool het ook ’n 95% toelating vir BA graad verkry het, met ’n klasgemiddeld van 62%. Ses vakke wat by Landties aangebied word se algehele gemiddeld is bo 70%.

Die top presteerders vir die jaar is Camille van Rooyen, met ’n gemiddeld van 76% en een onderskeiding en Luhani van der Berg met ’n gemiddeld van 73% en twee onderskeidings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button