Local newsNewsSchoolsStreeknuus
Laerskool Delmas se Graad Eens op tradisionele wyse verwelkom
Volgens tradisie het dié leerders om 08:00 die klok op die skoolterrein gelui en word hulle nou as volwaardige Dellie-leerders beskou.

Dit was die eerste skooldag van 2025 en mammas en pappas het op 15 Januarie gretig gewag vir Laerskool Delmas se Graad Eens om die eerste volwaardige treë in die wêreld van groot skool te neem.
Volgens tradisie het dié leerders om 08:00 die klok op die skoolterrein gelui en word hulle nou as volwaardige Dellie-leerders beskou.
Die haasbekkies met blink nuwe skoene en skoolklere is hierna na hulle onderskeie klasse begelei om so die heel eerste dag van hul formele skoolloopbane te begin.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.