Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Laerskool Rayton begin die jaar met huissport

Die hoogtepunt van die dag was die jong atlete. In sommige gevalle het ouers selfs saam met hul kinders gehardloop, wat tot groot vermaak en ekstra motivering gelei het.

Laerskool Rayton het op 18 Januarie hul eerste sportbyeenkoms vir die jaar aangebied – ’n geleentheid wat die nuwe leerders verwelkom het en die sportjaar met groot geesdrif afgeskop het.

Die pawiljoen was volgepak met entoesiastiese ouers, grootouers en vriende wat gekom het om hul jong atlete aan te moedig.

Die skool se geliefde gelukbringer, Super Raytie, was ook teenwoordig en het groot opwinding geskep deur sy energieke teenwoordigheid en ondersteuning aan die spanne.

Die hoogtepunt van die dag was die jong atlete. In sommige gevalle het ouers selfs saam met hul kinders gehardloop, wat tot groot vermaak en ekstra motivering gelei het.

Die leerders het hul beste gegee in ’n verskeidenheid items soos spiesgooi, verspring, hoogspring, gewigstoot, hekkies en die naellope.

Die Elande het die byeenkoms gewen met 854.5 punte, gevolg deur die Rooibokke (840.5) en die Koedoes (828). Die kleuterskole het 279 punte versamel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button