Local newsNewsStreeknuus

Bronkies se Kroonblare begin die jaar met ‘n kuier

Die vroue het 'n paar boererate van die persoonlikheid van die jaar, Antoinette Pienaar bespreek.

Die VLU Kroonblare-tak op Bronkhorstspruit het onlangs hul jaar met ‘n kuierdag by die Anton Smit Kunswerk Gallery afgeskop.

Die kunswerke is bekyk en bewonder. ‘n Koue drinkdingetjie was geniet in die boomryke tuin.

Die dag was gekenmerk deur heerlike gesels, samesyn en goeie kos saam met hul die eregaste Sally en Martin Ferreira en Emma en Nico Pretorius.

Na die ete het die vroue, ‘n paar boererate van die persoonlikheid van die jaar, Antoinette Pienaar bespreek.

Die beste voorlesing is deur Fasie Smit gedoen – die raat vir jig (gout), juis omdat hy eerstehandse ondervinding het van dié pynlike toestand.

Ester Jardim het gesorg vir die nagereg, ‘n German Bee Sting Cake.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button