Local newsNews

Lede van die Hoëveld Fotografieklub skryf beste fotos in

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 7 Maar by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub op Secunda het op 7 Februarie hul maandelikse byeenkoms gehou en die beoordelaar vir die aand was Willie Labuschagne.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Februarie was ‘Love is in the Air’ en Louis van der Walt het dié afdeling gewen met sy foto, Underberg River Love.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang. Peter Winnan het weggestap as die beste fotograaf onder die senior fotograwe met sy foto, African Lion on the Move in die natuurafdeling.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang. John Mullineux was die beste fotograaf onder die junior fotograwe met sy foto, Bat-eared Fox Cuddles in die natuurafdeling.


Lene van Vuuren het ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Love is in the Air, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, ontvang.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy foto, Cape Fox Style Love in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is Edmund Hattingh vir sy foto, Bruin Albatros in die natuurvoëlsafdeling, Yolandi Geyser vir haar fotos, Foresting in die natuurafdeling en Tender Love in die pikturale afdeling, Sussa Pelser vir haar foto, Rain Spider on Strelitizia in die natuurafdeling, Hester Griessel vir haar foto, Stiltetyd in die pikturale afdeling, Hanno de Beer vir sy foto, Happy Chap in die pikturale afdeling, Marius Krige vir sy foto, You Hold my Heart Forever in die voorgeskrewe onderwerpafdeling en Lene van Vuuren vir haar foto, Love is in the Air in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 7 Maart om 18:00 vir 18:00 in Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.


Yolandi Geyser het ’n sertifikaat van meriete vir Tender Love in die pikturale afdeling ontvang.
Edmund Hattingh het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Bruin Albatros, in die natuurvoëlsafdeling, ontvang.

John Mullineux het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Cape Fox Style Love in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, ontang.

Hanno de Beer het ’n sertifikaat van meriete vir Happy Chap in die pikturale afdeling ontvang.
John Mullineux was die beste fotograaf onder die junior fotograwe met Bat-eared Fox Cuddles in die natuur afdeling.
Yolandi Geyser het ’n sertifikaat van meriete vir Foresting in die natuur afdeling ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button