Local newsNewsStreeknuus

Neem ‘n hond by Delmas Diereskuiling aan

As jy nie kan aanneem nie, deel asseblief om vir hierdie honde ’n tuiste te vind.

By die Delmas Diereskuiling word geen diere van kant gemaak nie. Volgens ma- en dogterspan Jolandie en Jorinda Verwey, geskied aannemings stadig en raak die finansiële druk baie groot.

“Ons doen ’n beroep op alle diereliefhebbers om ons te help deur ’n dier aan te neem en van ’n liefdevolle huis te voorsien. ”

Die Diereskuiling bied ’n verdere opsie waarby ’n dier teen R250 per maand geborg kan word.

“Alle en enige skenkings, maar veral ook nat ek droeë hondekos is altyd welkom.”

Vir meer inligting skakel 076 808 6684. Indien daar nie antwoord is nie, kan ’n boodskap op WhatsApp gelaat word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button