Local newsNews

AfriForum eis antwoorde van munisipaliteit oor water

Govan Mbeki Munisipaliteit werk glo aan waterprobleme.

AfriForum het volle deursigtigheid vanaf Govan Mbeki Munisipaliteit geëis rakende dié dorp se voortdurende waterkrisis.

Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het AfriForum verlede jaar meer as 2 miljoen liter water aan die Bethal-gemeenskap voorsien en sodoende vir drie maande lank inwoners onderhou.

AfriForum se noodwaterpunte op Bethal moes die afgelope week weer beskikbaar gestel word toe groot dele van Bethal skielik sonder water was.

Bethal-inwoners het drie weke gelede weer begin om ’n tekort aan water te ondervind.

Hoewel sommige inwoners nie vir lank sonder water gesit het nie, was ander dele van Bethal vir ’n week aaneen sonder water en verlede week was die water weer af.


LEES OOK: Bronkies Helpende Hand bedank plaaslike helde


Volgens Bekker het Govan Mbeki Munisipaliteit gedurende dié watertekorte, hul kommunikasie met die gemeenskap vaag gehou en aangevoer dat die probleem by Randwater lê.

“AfriForum glo dat die munisipaliteit nie die watersituasie na behore bestuur nie en inwoners in die donker hou oor die werklike stand van sake,” het Bekker gesê.

“Daar is boonop geen aanduiding oor hoe lank die waterprobleme gaan voortduur nie of hoe die munisipaliteit beplan om die situasie te pak nie.

“Die Bethal-tak eis dringend duidelikheid vanaf die munisipaliteit. ’n Gemeenskap kan nie effektief funksioneer of behoorlik beplan wanneer hulle nie die volle prentjie het nie.

“AfriForum sal nie agteroor sit en toekyk hoe ’n gemeenskap benadeel word vir die swak bestuur van ’n munisipaliteit nie.”


LEES OOK: eMbalenhle police commander says crime is out of control


Donald Green, Govan Mbeki Munisipaliteit se skakelbeampte, Randwater het hulle op 14 Februarie ingelig dat water nie teen die volle kapasiteit by die Bloemendal pompstasie gepomp word nie weens lae kragtoevoer vanaf Eskom.

“Inwoners is ingelig dat daar uitdagings van lae waterdruk tot geen watertoevoer is nie in die meeste gebiede op Bethal,” het Green gesê.

“Randwater het ook dringende onderhoudswerk op 13 Februarie tussen 06:00 en 21:00 gedoen en dit klaargemaak.”
Volgens Green was die onlangse waterprobleme op Bethal en eMzinoni te danke aan dié redes.

Hy het gesê munisipale werkers doen steeds moeite om water in sekere dele van Bethal ook weer terug te laat kom.
Volgens Green het die munisipaliteit ’n paar stappe geneem om die aanhoudende waterprobleme op Bethal te bekamp.

Dié stappe sluit in, ’n konsultant wat alternatiewe oplossings vir die waterprobleme ondersoek, ’n huidige bestudering van die dam, potensiële nuwe studies van damme, insluitende geohidrologie, die ondersoek na ander moontlikhede van watervoorsiening soos groundwater, nuwe verbindingspunte, nuwe damme en om die sout en ander minerale uit die water te haal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button