Bronkhorstspruit Rugbyklub maak litte los
Vir meer inligting, skakel Stephan Bezuidenhout by 078 893 1200 of vir Dewald Uys by 082 878 1964.
Die Bronkhorstspruit Rugbyklub het hul spelers se litte losgemaak met ’n vriendskaplike rugbydag op 22 Januarie.
Bronkies se tweede span het die Noordelikes derde span met 19-14 geklop in die eerste wedstryd van die dag.
Daarna het Loskop tweedes en Noordelikes tweedes kragte gemeet.
Die hoofwedstryd tussen Bronkies eerste span en die Noordelikes eerstes het om 18:00 afgeskop en op ’n eindtelling van 32-17 in Noordelikes se guns uitgeloop.
Bronkies se puntemakers was Cory van Rooyen, Johan Klopper en Jeundre Hough.
Met die President Liga wat teen die einde van Maart begin, is daar nog tyd om die spelers te brei en om nuwe spelers te verwelkom.
Belangstellende rugbyspelers word genooi om by die klub aan te sluit. Oefentye is op Dinsdae en Donderdae om 18:30.
Vir meer inligting, skakel Stephan Bezuidenhout by 078 893 1200 of vir Dewald Uys by 082 878 1964.







