Local newsNews

VLU se Bethal-tak leer meer oor gesondheid

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 18 Maart by te woon.

Lede van die plaaslike VLU tak het tydens hul vergadering op 18 Februarie, meer van blaasgesondheid gehoor.

Suster Marisca Beeslaar, van die Arrie Nel Kark Apteek, het die lede toegespreek. Sy het gesê van die oorsake van blaasinfeksie is dehidrasie, fisiologie, dieët, medisyne en badkamergewoontes.

“Diabete is meer geneig tot blaasinfeksie. Hidrasie speel ’n baie groot rol asook velgesondheid en ’n mens se geheue.

“Verkoue- en griepmedisyne, antihistamiene en hardlywigheid kan ook lei tot dehidrasie,” het Beeslaar gesê.

“Dis is belangrik om gehidreer te bly deur ’n aanvulling soos ‘oral Rehydrate’ te neem wat elektroliete in ’n mens se liggaam terugsit.”

Die VLU Bethal-tak se volgende vergadering is op 18 Maart om 09:30 in die NG Kerk Bethal-Oos-gemeente se kerksaal en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.



LEES OOK: House on water line in Zithobeni blocks flow to rest

LEES OOK: Theft of entire transformer: This is not the first time in Bronkhorstspruit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button