Local newsNewsSchools

Morgenzon Landbou Akademie bereik SOS top 3 skole in Mpumalanga

Die skool het ook ’n plek verwerf in die top 13 skole in Suid-Afrika vir die aantal onderskeidings onder die 2024 matriekgroep.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het onlangs ’n Solidariteit Skoleondersteuning Sentrum-toekenning ontvang vir hul 2024 matriekgroep uitslae.

MLA is aangewys as die derde beste skool in Mpumalanga, gebasseer op hule uitslae, met Hoërskool Nelspruit en HTS Middelburg in die eerste en tweede plekke.

Die skool het ook ’n plek verwerf in die top 13 skole in Suid-Afrika vir die aantal onderskeidings onder die 2024 matriekgroep. Die toekennings word gegee aan Afrikaanse skole om hulle te beloon vir die harde werk van hul leerders.

“Dit is vir ons ’n riem onder die hart om vereer te word vir ons onderwysers en leerders se harde werk. Ons is dankbaar vir die tyd en harde werk wat ons leerders en onderwysers bestee het om hierdie toekenning te verkry,” het Alex Wehmeyer, hoof van MLA gesê.

Volgens Wehmeyer het die 2024 matrieks ’n 95% toelating tot Baccalaureus graad gekry in 2024, met ’n totale gemiddelde persentasie van 62.5%.



LEES OOK: eMbalenhle artist releases new video

LEES OOK: Community in eMbalenhle builds footbridge

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button