Local newsNews

Lede van die VLU se Kaalspruit-tak wys hul hoede van plantmateriaal

Marietjie Swart was die gasvrou vir die dag.

VLU Kaalspruit-tak het op 18 Februarie by die Nederduitse Gereformeerde Kerk vergader. Elke vrou het ’n hoed van plantmateriaal gemaak en na die vergadering gedra.

Marietjie Swart was die gasvrou vir die dag en het die vroue bederf met ’n verskeidenheid peuselhappies, insluitend heerlike soet dadelballetjies, kraakvars komkommer en ham happies en verfrissende lemoenblokkies.

Die vroue het die vergadering afgesluit met ’n macramé demonstrasie. Hul het geleer hoe om tekstiele te maak met verskillende knooptegnieke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button