Seun van Secunda is jongste speler in Mpumalanga rolbalspan
Belangstellendes wat Aidan se rolballoopbaan wil ondersteun, kan Lanie Nel skakel.
Aidan Nel (10), ’n gr. 4-leerder aan Laerskool Kruinpark het net ses maande gelede begin rolbal speel en blink reeds uit in dié sport.
Hy volg in die spore van sy pa, Lanie Nel, wat onlangs tweede in die gemengde pare-afdeling van die Mpumalanga Rolbalkampioenskap in Nelspruit geëindig het.
Lanie was ook die rolbalkampioen in Mpumalanga in die enkels-afdeling. Dit was ook Lanie wat vir Aidan geleer rolbal speel het.
Lanie speel al vir meer as nege jaar rolbal en gaan vanjaar vir die agtste keer Mpumalanga by die interdistrike BSA (Bowls South Africa) rolbalkampioenskap, vanaf 10 tot 14 Maart in Johannesburg, verteenwoordig.

Aidan se broer, Lathan (13), ’n Graad Agt-leerder aan Hoërskool Secunda, stel meer in tennis en sokker belang as in rolbal.
Aidan is tans die jongste rolbalspeler in die Mpumalanga span en speel saam met o15-spelers.
Dié span het vroeër vanjaar tweede geëindig in die Gauteng uitdaging in Pretoria. Dié tweede plek was net op ’n punte verskil, Aidan se span en die wen span het dieselfde hoeveelheid wenne gehad.
In sy vrye tyd geniet Aidan dit om te swem, fiets te ry of te teken en soms Xbox te speel. Hy wil eendag as hy groot is ’n lewensredder word by die see. Aidan neem vanaf 29 Maart tot 1 April aan die nasionale junior rolbalkampioenskap in Bloemfontein deel.
Hy gaan dan weer eens in die o15 afdeling deelneem. Belangstellendes wat Aidan se rolballoopbaan wil ondersteun, kan Lanie skakel by 082 852 8282.
LEES OOK: Community in eMbalenhle builds footbridge
LEES OOK: Housing development in Ext 8, Standerton, is in shambles



