Secunda danser verskyn in Armand Joubert se nuutste musiekvideo
Jaco van der Westhuizen wil nog nuwe hoogtes bereik.
Jaco van der Westhuizen (24) is tans te sien in die Suid-Afrikaanse sanger, Armand Joubert, se nuutste musiekvideo, Weet Jy.
Van der Westhuizen het op Secunda grootgeword en aan Hoërskool Oosterland gematrikuleer. Hy het na matriek ’n vyf jaar aanlyn-graadkursus in bemarking voltooi en aan die einde van laas jaar sy eie bemarkingsonderneming oopgemaak.
Van der Westhuizen wil egter meer op die vermaaklikheidsindustrie en veral dans, fokus en doen vanjaar die choreografie vir Hoërskool Oosterland se revue.
Hy het op die ouderdom van 14 begin dans en by die Step2Dream Dans Akademie op Secunda aangesluit.
Van der Westhuizen het in 2016 vir twee weke na Kroasië getoer saam met ’n groep van Step2Dream waar hulle aan danskompetisies deelgeneem het, werkswinkels bygewoon het en nuwe dansstyle geleer het.

“Dit was vir my ’n wonderlike ondervinding. Dit was interessant om ander kulture te beleef en so bietjie van die land te sien,” het Van der Westhuizen gesê.
Sy groep, wat bestaan het uit ses dansers van Secunda, het 13de, 14de en 17de in die Afrika-Europese-, hip-hop en Jazz Funk-afdelings waarin hulle deelgeneem het, geëindig.
Van der Westhuizen het, toe die Step2Dream Dans Akademie waar hy al die jare gedans het, toegemaak het, sy eie dans studio, Elegante Akademie van Kunste, in April 2023 oopgemaak.
Hy bied meer privaatlesse vir mense by hul huise aan. Om te dans was nog altyd vir Van der Westhuizen soos terapie.
Sy gunsteling dansstyle is ‘Jazz Funk’ en ‘Vogue’.
Dié dansstyle was nie deel van die oorspronklike danse wat hulle geleer het nie, maar van der Westhuizen het videos gekyk en homself geleer om dié style te dans.
LEES OOK: Khomani-San group highlights neglected community in Standerton
Joubert se musiekvideo is op 25 Januarie geskiet, maar weens tegniese uitdagings, moes die flimspan weer op 1 Februarie die video skiet.
Dit was vir Van der Westhuizen ’n lekker ondervinding. Van der Westhuizen het ook die Instagram-blad, Afrikaans is Alles, wat fokus op Afrikaanse kunstenaars, saam met twee vriendinne begin.
Hy het al onderhoude met verskeie bekende kunstenaars gedoen. Hy en ’n vriendin, Lelize Bronkhorst, beplan om later vanjaar ’n musiekfees in Pretoria aan te bied.
Dié musiekfees sal as die Ons is Alles Musiekfees bekendstaan. Van der Westhuizen wil in die toekoms graag meer blootstelling as ’n danser kry en in meer musiekvideos optree.
Hy wil die jonger generasie inspireer om te dans en het gesê dit is goed vir ’n mens se brein om al die verskillende danspassies te onth.





