Blommeklub kom bymekaar op Secunda
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 19 Maart by te woon.
SECUNDA – Lede van die Teksa Blommeklub het op 12 Februarie vergader en Sophie Hugo het oor vorms van rangskikkings gepraat en vir die lede ’n paar voorbeelde gewys.
“’n Mens moet noukeurig aandag gee aan die vorm wat jy gebruik in jou rangskikking, veral as die tema vorms is,” het Hugo gesê.
Sy het gesê van die vorms wat mens kan gebruik sluit in sirkels, driehoeke, vyfkantige en seskantige vorms onder andere.
Sy het ook gewys hoe ’n mens dieselfde houer op verskillende maniere kan gebruik om diepte te kry.
Die Teksa Blommeklub se volgende vergadering is op 19 Maart om 08:30 vir 09:00 in Die Rots by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel die voorsitter, Lenie Beukes by 083 959 9649.



