Dellies se landsdieners hou vrolike markiedag
Dit was weer die landsdieners se R5 Markiedag en leerders en onderwysers het die stalletjies ondersteun.
Dit was ’n behoorlike gewoel en gewerkskaf op die sportveld van Laerskool Delmas op 28 Februarie.
Waterbalonne, gesigverf, yskoue roomys, skyfies en ’n soetding vir elke soettand se smaak was te koop aangebied.
Dit was weer die landsdieners se R5 Markiedag en leerders en onderwysers het die stalletjies ondersteun.
Volgens Marlizé van Wyk, landsdiens-klubleier en organiseerdser, word hierdie Markiedag deur die landsdiensleerders gehou om hulle soedoende van jongs af aan die voordele van entrepreneurskap bekend te stel.

“Ons jonger landsdiensleerders leer boonop hoe om met geld te werk,” het Van Wyk ook gesê.
Die geld wat ons met die markiedag insamel, word by die landsdiens-fondse gevoeg om weer later aangewend te word vir beplande projekte.
“Ouers help by die huis om leerders se items vir die markiedag voor te berei en die items word dan aan die leerders te koop aangebied.
“Ek bedank elke ouer wat bystaan, elke landsdiensonderwyser en elkeen van ons landsdieners vir ’n suksesvolle markiedag,” het Van Wyk afgesluit.








