Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Rolbalklub se juniors gaan binnekort SAs toe

Nog nuus uit Delmas se rolbal-geledere is dat die Ope B vroue op 9 Maart na Oos-Londen vertek waar hulle in die Perfect Delivery B interdistrikte vir ’n plek op die podium gaan meeding.

Die junior rolbalspelers van Delmas is gereed om in die Bowls South Africa Junior Championship hul staal te wys.

Die kampioenskap is vanaf 29 Maart tot 1 April in Bloemfontein. Al die juniors wat aan die kampioenskap gaan deelneem het ook Ekurhuleni-distrikskleure ontvang.

In die o15-kategorie gaan Delmas deur Minné Visser, Henko du Toit en Deonette Venter verteenwoordig word. Die spanbesuurder vir die groep is Nicolene Visser, ook van Delmas.

In die o18-kategorie gaan Delmas deur Lana Visser, Reuben van der Westhuizen en Henré Kok verteenwoordig word.

Nog nuus uit Delmas rolbal geledere is dat die Ope B vroue op 9 Maart na Oos-Londen vertek waar hulle in die Perfect Delivery B interdistrikte vir ’n plek op die podium gaan meeding.

Die span van Delmas sal teen Westelike Provinsie, Noord-Vrystaat, Kingfisher, KwaZulu-Natal, Noord-Wes, Sables, Noord-Kaap sowel as Eden meeding.

Nog ’n eer wat die span van Delmas te beurt geval het, is dat die Delmas klub president, Hanri Ehlers, as spankaptein vir Vroue Ope B leiding sal neem.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button