Local newsLocal sportNews

Sasol 1 klop Sasol 2 Bulldogs in kragmeting op Secunda

Oud-voorsitter, Ignus Koekemoer, is as die man van die wedstryd aangewys en het ses paaltjies laat kantel.

Sasol Krieketklub se twee spanne, Sasol 1 en Sasol 2 Bulldogs het op 9 Maart op hul tuisveld kragte gemeet. Sasol 1 het Sasol 2 met 198 lopies geklop.

Oud-voorsitter, Ignus Koekemoer, is as die man van die wedstryd aangewys en het ses paaltjies laat kantel. Koekemoer het sy laaste wedstryd vir Sasol 1 gespeel, maar gaan stees as administrateur by die klub betrokke wees.

Sasol 1 se beste kolwers vir die dag was George Louw, Dewald Erasmus en Nicus Boshoff wat onderskeidelik 117, 65 en 41 lopies aangeteken het.

Louw het twee paaltjies laat kantel en Boshoff een.

Sasol 2 Bulldogs se beste kolwers vir die dag was Dylan Niemand, JP van Zyl en Lerato Mokoena terwyl Van Zyl twee paaltjies laat kantel het.

Die ander twee boulers van Sasol 2 Bulldogs wat paaltjies laat kantel het was Diaan du Plooy (drie) en Ruhan Delpor (een).




ALSO CHECK: Delmas Moedergemeente hou plaas kuier-en-proe fees

ALSO CHECK: Mpumalanga education MEC condemns murder of a learner at eMbalenhle school

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button