Local newsNewsStreeknuus

Kosmos Dienssentrum op Sundra hou gesellige Bingo-aand

“Ons hoop om hierdie Bingo-aande by Kosmos ’n maandelikse instelling te maak.”

Die Kosmos Dienssentrum vir senior burgers op Sundra het op 26 Februarie ’n aand vol pret by die sentrum aangebied.

Dit was Bingo-aand en inwoners en lede van die gemeenskap – oud en jonk – het die aand se vermaak geniet.

Elaine du Plessis, komiteelid van Kosmos was verantwoordelik vir die reëlings.

“Ons hoop om hierdie Bingo-aande by Kosmos ’n maandelikse instelling te maak,” het Van Rensburg gesê.

Sy nooi die gemeenskap om dit by te woon.

Daar word ook tydens die Bingo-aande iets te ete en te drinke te koop aangebied. Alle geld wat hieruit gemaak word, gaan ten bate van die Kosmos Dienssentrum.

Kosmos se volgende Bingo-aand sal op 26 Maart plaasvind. Die toegang is R20 per persoon.

“Bring jou familie en vriende en kom geniet die aand saam met ons,” het Van Rensburg afgesluit.

Vir meer inligting kontak Elaine Van Rensburg by 068 159 6281.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button