AfriForum gee water en munisipaliteit werk aan waterprobleme op Bethal
Opgradeing van opgaardamme kos Govan Mbeki Munisipaliteit miljoene.
AfriForum het, in samewerking met die Kukhona Group, onlangs 2 000 liter water aan die Wonderland Kleuterskool geskenk.
Dit kom weens die voortslepende waterkrisis op Bethal.
Die Kukhona-groep het ’n watertenk en voertuig beskikbaar gestel terwyl AfriForum met ’n boer van die Bethal-omgewing gereël het om die tenk met water te vul.
Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het AfriForum gehelp om die watertenk by die kleuterskool af te laai.
Bethal was vanaf 12 Februarie vir ’n week sonder water en dit was al die tweede keer vanjaar wat inwoners van dié dorp sonder water sit.
“Weens onderbrekings op Rand Water en Eskom se infrastruktuur was inwoners vir meer as 72 uur sonder water,” het Bekker gesê.
Noodwaterpunte wat al lankal deur AfriForum ogperig is, het weer eens tot inwoners se redding gekom, terwyl sommige inwoners deesdae watervoorraad vir noodgevalle aanhou of alreeds watertenks in hulle erwe aangebring het.
Teen 17 Februarie was daar weer water in Bethal se krane, maar dit is egter ’n gereelde scenario dat Bethal met droë krane is.
“Hierdie is net een van die vele maniere waarop ondernemings en organisasies hande vat om ’n verskil te maak. Ons sal nie toelaat dat die onderbrekings ons onderkry nie en sal aanhou planne beraam om die gemeenskap te help,” het Bekker gesê.
Donald Green, Govan Mbeki Munisipaliteit se woordvoerder, het gesê die munisipaliteit het verskeie projekte en aksies van stapel gestuur om die water uitdagings op Bethal aan te spreek.
LEES OOK: Vandalised mast light creates safety concerns at bridge in eMbalenhle
Van dié aksies sluit in die vervanging van pype in Evander vanjaar en volgende jaar. Die beraamde koste vir dié projek is R9m. Die munisipaliteit kyk ook daarna om die opgaardam op Secunda op te gradeer.
Dié projek gaan sowat R3.5m kos en die opgradering van die dakke van die opgaardam in Uitbreiding 22 op Secunda en op eMbalenhle wat hulle sowat R3.5m en R4.5m onderskeidelik uit die sak gaan jag.
Die skoonmaak-proses van al die opgaardamme in die Govan Mbeki munisipale gebied is nòg ’n projek wat die munisipaliteit sowat R1m gaan kos. Die vervanging van nuwe watermeters in die Govan Mbeki munisipale gebied behoort teen einde Junie vanjaar klaar te wees en kos die munsipaliteit sowat R6m.
Twee kleiner projekte wat ook teen einde Junie glo gaan klaar wees, is die drukstelsel by die opgaardam in Uitbreiding 15 in eMbalenhle wat sowat R1m kos en boorgate wat geboor gaan word op Bethal, eMzinoni, Trichardt en eMbalenhle wat R1.5m kos.
LEES OOK: WATCH: Secunda man and daughter reunite after 52 years



