Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Hoërskool Delmas se gholfdag lok vele

Peet Vorster en Riaan Muller was as die dag se wenners aangewys.

Hoërskool Delmas se fondsinsameling dag was in die snikhete son op 7 Maart by die Delmas Gholfklub aangebied.

Aan die einde van die dag se 18-putjie spel is Peet Vorster en Riaan Muller as die wenners aangewys. In die tweede plek was Marco de Sousa en Jaco Oosterhuis met Werner Venter en Wihan Boshoff in die derde plek.

Na die prysuitdeling het die klubkaptein, dominee Adriaan Benadie, die verrigtinge voortgesit met ’n memorabilia veiling.

Hierna was dit tyd vir ontspan en het spelers, borge en vriende heerlik saam gekuier.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button