Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Dellies kweek bobaas openbare sprekers

Selfs die jongelinge van Graad Vier het ywerig aan die openbare praatjies deelgeneem.

Laerskool Delmas het op 10 Maart hul openbare praatjie kompetisie vir grade vier tot sewe leerders gehou. Dellies se Graad Sewe wenners was Dianté van Wyk in die eerste plek, Ané Rossouw tweede met Klara Keevy in die derde plek.

Die graad Ses leerders het Grace Kleynhans as wenner gehad, met Ianthé Els tweede en derde was Jacques van Staden.

In Graad Vyf was Hendrik Snyman die wenner met Lihan Naudé tweede en Xolani Mazibuko derde.

Selfs die jongelinge van Graad Vier het ywerig aan die openbare praatjies deelgeneem en Micah Roux was die wenner, met Tiaan Prinsloo tweede en Lia Kleynhans derde.

Die skoolhoof, Johan Pieterse en personeel het hierdie ywerige praters geluk gewens.

“Julle is sprekers deur en deur en jul toekoms is vol belowende vrugte.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button