Local newsNewsSchoolsStreeknuus
Dupies bied kleuter-atletiekdag aan
568 leerders van 13 kleuterskole op Bronkhorstspruit het deelgeneem.
Die jaarlikse kleuter atletiek het op 8 Maart op Laerskool Du Preez van Wyk se gronde plaasgevind.
Die skoolgronde het gewemel van kleurvolle kleuters toe 568 leerders van 13 kleuterskole op Bronkhorstspruit dié dag bymekaar gekom het om aan verskillende atletiek items deel te neem.
Dié items het ingesluit naellope, hoogspring (of spring en raak die ‘skoen’), perde resies, verspring en toutrek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!






