Gehalte onderrig noodsaaklik vir gesonde gemeenskapsontwikkeling
“’n Gemeenskap wat in sy skole belê, bou aan ’n sterker toekoms.”

Gedurende Februarie en Maart was noodsaaklike items aan verskeie skole in Cullinan en Rayton oorhandig.
Volgens Johannes Bekker, raadslid vir Wyk 100, was die doel daarvan om leerders se prestasies te erken en ander te motiveer om in hul gebied te presteer.
“Onderwys is die grondslag van ‘n vooruitstrewende gemeenskap. In Wyk 100 is dit daarom noodsaaklik om te verseker dat elke leerder toegang tot gehalte onderrig ontvang.
“Gereelde besoeke aan skole speel verder ‘n sleutelrol in die monitering van akademiese vordering en die identifisering van uitdagings wat onderwysers en leerders in die gesig staar.
“Opvoedkundige leiers en gemeenskapsbetrokkenes kan met gereelde skoolbesoeke verder ook seker maak dat klaskamers goed toegerus is en dat leerders die nodige onder-steuning ontvang.

“Dit bied verder ook ‘n geleentheid om met onderwysers en ouers in gesprek te tree oor hoe die leeromgewing verbeter kan word.
“Deur in huidige skole te belê en terselfdertyd te werk aan die uitbreiding van onderwysinfrastruktuur, word meer leerders die geleentheid gebied om gehalte onderrig te ontvang,” het Bekker verduidelik.
Volgens Bekker sou dit verseker dat groeiende gemeenskappe nie met oorvol klaskamers sukkel nie en dat elke kind toegang tot ‘n geskikte leeromgewing het.
Bekker het voorts gesê dat sommige van die grootste uitdagings in skole’n tekort aan hulpbronne, groot klaskamers en leerders wat ondersteuning buite die normale kurrikulum benodig, insluit.
LEES OOK: Three appear in Evander Magistrate’s Court for young woman’s murder
“‘n Proaktiewe benadering, soos samewerking met sakelui en organisasies om hulpbronne te verkry, kan help om hierdie pro-bleme aan te spreek.”
Bekker het genoem dat onderwys in Wyk 100 ‘n gedeelde verantwoordelikheid moet wees.
“‘n Gemeenskap wat in sy skole belê, bou aan ‘n sterker toekoms.
“Ouers, maatskaplike organisasies en plaaslike sakelui kan ‘n belangrike rol speel deur mentorskap, finansiële ondersteuning en infrastruktuurverbeterings te bied,” het Bekker bygevoeg.
“Ek vertrou dat onder my leiding en met goeie samewerking tussen skole, ouers en die gemeenskap, ons kan verseker dat elke kind die geleenthede kry wat hulle verdien om suksesvol te wees,” het Bekker afgesluit.