Local newsNewsStreeknuus

Master Maths & Science bring hulp vir leerders tot op die voorstoep

“Ek kan myself in hul skoene plaas en verstaan 100% wat die uitdagings binne hierdie vakgebiede is.”

Onder die bekwame leiding van Reon Visser open ‘n tak van Master Maths & Science binnekort sy deure op Bronkhorstspruit.

Volgens Visser is Master Maths & Science al vir sowat 50 jaar ‘n leier in die industrie, veral omdat dit vir onderwerp-spesifieke verbetering by leerders ingerig is.

“My fokus met dié onderneming is om op ‘n professionele wyse die huidige gapings in leerders se kennis van wiskunde en fisiese wetenskappe te verbeter. My voltydse aandag sal aan hierdie plan bestee word.”

Op ‘n vraag aan Visser oor waar die idee om ‘n Master Maths & Science franschise op Bronkhorstspruit te vestig vandaan kom, was sy antwoord: “Tydens my onderwys- studies het ek vir twee jaar ‘n voltydse tutor-pos by die Master Maths & Science tak in Pretoria beklee.

“Die vrugte wat gepluk was met kinders wat onder hierdie program gewerk het, het die gedagte by my laat posvat dat daar ‘n wyer behoefte aan dié diens bestaan.”

“Daardie saadjie het gegroei tot waar dit vandag kort voor die opening van Master Maths & Science in Bronkhorstpruit staan,” het Visser bygevoeg.

Visser, wat in Bethlehem grootgeword en skoolgegaan het, het vertel hy het nooit eintlik op skool in wiskunde uitgeblink nie.

“Tog het ek die vak baie geniet. Ek glo dat die regte onderwyser ‘n groot bydraende faktor was. Wetenskap was wel vir my ‘n uitdaging op skool,” het Visser vertel.

Visser het Hoërskool Voortrekker in Bethlehem aan die einde van sy Graad 10 jaar verlaat en sy laaste twee jaar van skool aan die Afrikaanse Hoër Seunsskool voltooi.

Ná skool het hy ‘n BSc in landbou gedoen asook sy honneursgraad voltooi.

‘n Loopbaan in landbouchemiese verkope het gevolg tesame met koring navorsing in die Noordwes en Vrystaat vir twee JSE-genoteerde maatskappye.

“Dit was gedurende hierdie tyd dat ek besluit het om my passie met kinders in ‘n permanente loopbaan te omskep.”


Master Maths & Science is gereed om op 1 April deure op Bronkhorstspruit te open.

Visser het deeltyds studeer en ‘n nagraadse onderwysdiploma deur die Afikaanse Protestante Akademie voltooi met grade 10 tot 12 wiskunde en grade sewe tot nege natuurwetenskap as vakdidaktieke. Sy onderwysloopbaan het in Januarie 2022 by Hoërskool Erasmus afgeskop waar hy nou reeds vir ‘n bietjie meer as drie jaar skoolhou.

“Met behulp van die Master Maths & Science-program kon ek baie leer en het my vakkennis gegroei tot waar ek vandag as volwassene met die nodige kennis en begrip van wiskunde en wetenskap en hope praktiese ondevinding gereed is om ook op my tuisdorp leerders te help om hierdie vakke baas te raak.

“Juis die feit dat ek nie werklik ‘n uitblinker in die vakke op skool was nie, rig my toe met werklike begrip en is dit ‘n handige hulpmiddel om leerders te help.

“Ek kan myself in hul skoene plaas en verstaan 100% wat die uitdagings is. Ek sien daarna uit om met my kennis op ‘n voltydse basis aan elke leerder se verbeteringsplan aandag te gee en gereelde kontak en verslae aan ouers vorm ‘n integrale deel van die pakket,” het hy gesê.

Die Bronkhorsptspruit Master Maths & Science open op 1 April by Krugerstraat 65, Bronkhorstspruit. Vir meer inligting, kontak Visser by 061 547 5615.



LEES OOK: Azalea residents fight for their community

LEES OOK: Three plead guilty to eMbalenhle man’s murder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button