Francois Boyce spreek jeug van Standerton aan oor sosiale media
“‘n Mens moet versigtig wees wat jy op sosiale media sit, want deesdae kyk werksplekke eers na jou fotos voor hulle aan jou CV raak.”

Die Volle Evangeliese Kerk (VEK) Kruisgenerasie het op 8 Maart hul jeuggroep afgeskop met die hulp van Francois Boyce van Hoezit Samelewing.
Boyce is ’n radio-omroeper in Kaapstad en die eienaar van Hoezit Samelewing.
Hy het in Standerton kom kuier om vir jongmense ’n belangrike les te leer rakende sosiale media en alles wat daarmee gepaard kom.
Sy humoristiese siening het sy luisteraars gevangenis gehou soos hy die voordele en nadele van sosiale media voorgelê het.
“‘n Mens moet versigtig wees wat jy op sosiale media sit, want deesdae kyk werksplekke eers na jou fotos voor hulle aan jou CV raak,” het Boyce verduidelik.
Hy het vir die jongmense verduidelik dat sosiale media in vandag se tyd die venster na jou siel is en dat dit streng gemonitor moet word, selfs al kan dit bruikbaar wees.