Fotograwe ding mee vir beste foto’s
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in April by te woon.
Dr Leon Pelser se foto, Serious Business, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub byeenkoms wat op 7 Maart plaasgevind het.
Die beoordelaar vir die aand was Johan Drotsky van Bethal Fotografieklub en die voorgeskrewe onderwerp vir Maart was Story Telling. Dr Pelser het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto ontvang asook vir Call me Fred in die pikturale afdeling.
Louis van der Walt was die beste onder die senior fotograwe met Dragon Fly Wing Motion in die pikturale afdeling en hy het ook ’n sertitikaat van meriete vir dié foto, asook vir D Hawk 1 in die tweekleurige foto-afdeling ontvang.
Yolandi Geyser was die beste fotograaf onder die junior fotograwe met Drinking Some Water, in die pikturale afdeling. Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto, asook vir Gazing Eyes en Pretty in Yellow and Black in die natuurafdeling, en 45 Years of Joy in die voorgeskrewe onderwerpafdeling ontvang.
Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is John Mullineux vir Safari Stop in die voorgeskrewe onderwerpafdeling en Vic Falls in die landskapafdeling; Piet Potgieter vir Soek Sap in die natuurvoëlsafdeling en Plaas in die landskapafdeling; Edmund Hattingh Verlate skuur onder die Noorderligte; Danie Smit vir Valencia Opera in die landskapafdeling; Marius Krige vir Worn Lines Untold Stories in die tweekleurige foto afdeling en Agility and Focus a Fast5 Netball Moment in die pikturale afdeling; Peter Winnan vir Drinking Lioness in die tweekleurige foto-afdeling en The Boys in die natuurafdeling; Lorraine Botha vir Longtail Whip Lizard in die natuurafdeling; Sussa Pelser vir Gaboon Adder 1 in die natuurafdeling; en Anzette Snyders vir Putz, in die pikturale afdeling.
Belangstellendes is welkom om die Hoëveld Fotografieklub se volgende vergadering in April by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.








