Local newsNews

Lenie wys hoe om te rangskik met spasie

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 16 April by te woon.

SECUNDA – Lede van die Teksa Blommeklub het op 19 Maart vergader met die tema vir die dag as spasie.

Lenie Beukes het die lede gewys hoe om rangskikkings te doen met die tema spasie in gedagte.

Beukes het gesê spasie is nimmereindigend en omraam voorwerpe en strukture.

“In moderne ontwerpe word spasie deel van die ontwerp of rangskikking,” het Beukes gesê.

“Dit verleen interessantheid aan die ontwerp en verskaf ’n vierde dimensie aan ’n moderne onderwerp.”

Die Teksa Blommeklub se volgende vergadering is op 16 April om 09:00 op Standerton.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Lenie Beukes by 083 959 9649.



LEES OOK: Demands for intervention as crime deepens

LEES OOK: NPO protects human rights through harm reduction

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button