Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Phoenix klop Heidelberg in vriendskaplike wedstryd

Phoenix het die span van Heidelberg met 29-12 geklop.

Die Phoenix Rugbyklub op Delmas het op 29 Maart teen die span van Heidelberg in ’n vriendskaplike wedstryd gespeel.

Die wedstryd het om 16:00 op tuisveld by Hoërskool Delmas afgeskop. Phoenix het die span van Heidelberg met 29-12 geklop.

Die spelers van die wedstryd was Sias Nzimande en Marcell van Loggerenberg. Phoenix-afrigter vir die 2025 seisoen, Henlo Blignaut, is opgewonde oor die liga-seisoen.

Die Phoenix hoop om hul prestasies van die afgelope twee seisoene voort te sit.


Lynstaanaksie op die rugbyveld van Hoërskool Delmas.

Die klub wat in die Valke Rugbyunie Kestrel Liga meeding het gedurende die 2023 seisoen as die naaswenner in dié liga geëindig.

Phoenix het in 2024 die liga gewen toe hulle op 7 September in die eindstryd teen die Edenvale Panthers by die Barnard Stadion in Kemptonpark te staan gekom het.

Phoenix het tydens dié eindstryd vir Edenvale met 16-11 geklop en daarmee die 2024 Kestrel Liga-beker huis toe gebring.

Teen druktyd kon Blignaut bevestig dat die span van Phoenix op 5 April in hul eerste ligawedstryd sal speel.

“Ons hoop vir ’n tuiswedstryd, maar het nog nie finale bevestiging vanaf die unie ontvang nie,” het Blignaut gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button