Delmassers tree toe tot die Swart Maandag-beweging
Die memorandum waarin kommer uitgespreek word oor onder andere plaasmoorde, plaasaanvalle, grondgrype, die toename in veediefstal en graandiefstal aangespreek word, was aan Luitenant Kolonel Salomé van die Westhuysen, die bevelvoerder van sigbare polisiëring op Delmas, oorhandig.
Volgens die sameroepers van die Swart Maandag beweging, met Jannie Meyer aan die stuur, vra hulle onder andere vir optrede teen plaasmoorde en plaasaanvalle.
Ook ’n klein groepie inwoners van Delmas, Sundra, Eloff en Modder-Oos Boorde het op 28 Maart die koue en nat weer aangedurf en op Sundra byeengekom.
Hier het ds Adriaan Benadie die verrigtinge met gebed geopen waarna die voertuie na Delmas vertrek het. Ben Wepener het ook die groep toegespreek.
Die memorandum waarin kommer uitgespreek word oor onder andere plaasmoorde, plaasaanvalle, grondgrype, die toename in veediefstal en graandiefstal aangespreek word, was aan Luitenant Kolonel Salomé van die Westhuysen, die bevelvoerder van sigbare polisiëring op Delmas, oorhandig.
Hulle is ook bekommerd oor polisiestasies wat nie behoorlik toegerus is nie.

“Ons versoek dat u die nodige druk op u hoofde sal toepas om u voldoende toe te rus en te beman om u pligte uit te voer. U plaaslike gemeenskapspolisëringsforum (GPF) is bereid om u by te staan,” is een van die punte in die memorandum.
Verder was daar ook kommer uitgespreek oor die gebruik van wettig geregistreerde SAPD vuurwapens in die uitvoer van misdaad.
“Ons waardeer die harde werk en toegewydheid van die meeste polisielede en versoek u om enige onwettige dade wat die beeld van die polisie skade doen, uit te roei,” was ’n verdere punt wat in die memorandum aangebring was.
“Swart Maandag is sedert 2017 ’n nasionale beweging ter ondersteuning van die plaasgemeenskap van Suid-Afrika. Dit sal polisiëring in afgeleë gebiede moniteer met die oogmerk om met die polisie saam te werk en ondersteuning te bied in die uitvoer van die gewaardeerde en uitdagende pligte van die polisie,” het die memorandum afgesluit.
Na die ondertekening en oorhandiging van die memorandum het die groep rustig verdaag.
LEES OOK: Blood service launches new initiative for youth
LEES OOK: Robbers strip land owner in Sundra of more than just belongings




