Local newsLocal sportNewsSchoolsStreeknuus

Kaalvoete lewer rugby op sy beste op Delmas

Lees volgende week meer oor die senior fase ( o11- en eerste spanne) wat op 31 Maart afgeskop het.

Die sluise van die hemel was behoorlik oop toe klein kaalvoete die rugbyvelde van Laerskool Delmas vir 2025 se rugbyweek opgedraf het.

Laerskole Delmas, Christiaan Beyers, Generaal Alberts, Elspark, Dalview, Edleen, Westwood, HM Swart, DF Malherbe, CR Swart, Trichardt, Kanonkop en TP Stratten het meegeding.

Die juniors wat uit o8- en o9-spanne saamgestel was, het op 28 en 29 Maart op die A- en B-velde van Laerskool Delmas gespeel.

Behalwe vir ’n kleurspel van skole was die kaalvoete en rugbybroeke vol modder, maar spel het voortgegaan. Ondersteuners, ouers, onderwysers en afrigters het die reën trotseer en dapper met die eerste dag se program deurgedruk.

Die tweede dag van spel het die son deur die wolke gebreek en is sonder reën voorgesit. Laerskool Delmas hoof, Johan Pieterse bedank elke speler, afrigter, helper en veral die borge wat die twee dae van kaalvoetrugby moontlik gemaak het.

Die senior fase waaraan verskeie skole se o11- en eerste spanne deelgeneem het, het op 31 Maart afgeskop. Lees meer in die volgende uitgawe van Streeknuus oor die spanne se stryd op die veld.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button