Local newsLocal sportNews

Bethal Buffels val vas in modderbad teen Witbank

Damion Losper het die Bethallers se enigste punte in die tweede helfte met 'n strafdoel aangeteken terwyl die Witbankspan hul telling na 35 opgestoot het.

Die Bethal Buffels het Saterdag in hul eerste Premiersliga-wedstryd teen die spanne van Witbank vasgeval. Dit was ‘n modderbad op die rugbyveld van Hoërskool Hoogenhout op Bethal wat die besoekers met 35-3 gewen het.

Die reën het nog liggies geval toe die eerste spanne opgedraf het. Die nat veld het vir ’n glibberige bal en minder vastrapplek gesorg.

Die bal het ‘n aantal kere deur vingers geglip. Die byna-drie van Bethal se Siyabonga Skosana (buitesenter) sal waarskynlik nog lank spook, want die nat bal het weggeskiet toe hy by die doellyn op die bal geval het.

Hierbenewens het verskeie hoogvatte en hanteringsfoute die Buffels duur te staan gekom en het hulle nege punte slegs aan strafdoele afgestaan. Hul sterk verdediging het ten minste gekeer dat die besoekers nie nog punte op die telbord kon plaas nie.


Mrio Kangeja beskerm die bal.

Dit was duidelik uit die Witbankers se spanwerk dat hierdie span al aan die begin van die liga reeds hul ritme gevind het. Die span het teen rustyd reeds met 18-0 voorgeloop.

Damion Losper het die Bethallers se enigste punte in die tweede helfte met ‘n strafdoel aangeteken terwyl die Witbankspan hul telling na 35 opgestoot het.

Witbank se puntemakers was Ziyanda Sibiya, Joe Fourie, Otto Botha en Lefa Leshaba wat elk ‘n drie gedruk het. Jan Joubert het met drie strafdoele en drie verdoelskoppe geslaag.

Die Buffels se tweedes het ook die knie voor Witbank moes buig. Die besoekers het die Buffels met 26-0 geklop. Die Bethal Buffels speel eerskomende Saterdag op Newcastle.


LEES OOK: Creativity goes wild at Suikerbekkies in Secunda

LEES OOK: High Court convicts Evander man of murder and arson 


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button