Bronkhorstspruit se Kroonblare is vlytig
Marietjie Venter het die trofee vir die beste burduurwerk ontvang, met eerste plekke vir argitektoniese borduurwerk en foto borduurwerk.
Die VLU Kroonblaar-tak het die toekenning ontvang vir beste takbywoning op die konferensie, asook die tak met minder as 20 lede wat die meeste punte bymekaar gemaak het.
Verskeie lede het ook individueel presteer. Marietjie Venter het die trofee vir die beste burduurwerk ontvang, met eerste plekke vir argitektoniese borduurwerk en foto borduurwerk.
Sy het ook tweede plekke behaal vir kuns – ‘n stillewe met kleurpotlode en ‘n murasie. Jo-Ann Harmse Smit het die trofee in masjienwerk verower, asook die trofee vir die individu met die meeste punte.
Sy het tweede plekke ingepalm vir borduurmasjien (plekmatjies met servette), masjienwerk (oortreksel vir ‘n apparaat), hekelwerk (babakombers), fotografie (ruïnes) en preservering, asook ’n derde plek in borduurmasjien werk (skinkbordlap).
LEES OOK: Empowering ostomates: NPO advocates for dignity, access to care
Lizette du Plooy het ’n eerste plek in macramé behaal en Bianca Nortje se skryfkuns het vir haar ’n tweede plek besorg.
Onder die jongklomp het Penelope Jardim die trofee verower vir die beste individu in jeugartikels. Sy het daarmee saam ’n eerste plek behaal in krabbelkuns (doodle art), koekies en pennesakkie, asook ’n vierde plek vir skryfkuns.
Shannon Kotze se foto’s en nekverwarmer het eerste plekke behaal en sy was tweede in krabbelkuns. Isabella Swanepoel was tweede in fotografie en derde in krabbelkuns.
Die Kroonblare het ook verlede week ’n werksessie bygewoon waar hulle geleer het om papier krale te maak. Hulle het papiere gesny, veskillende dikte stokkies en gesplete penne (split pins) uitgetoets en idees uitgeruil.
LEES OOK: Family wants answers after mother dies at traditional healer’s school in Kinross



