Local newsNewsStreeknuus

Bronkies se Van Riebeeck-tak presteer

Sally Ferreira is ook weer as die streekvoorsitter herverkies.

Die VLU Van Riebeeck-tak op Bronkhorstspruit het vanjaar weer eerste gekom by die 30ste Pretoria streekkonferensie.

Die tak het gesamentlik 5 688 punte behaal en die wentrofee opgeraap. Die lede het ook individueel uitgeblink.

Sally Ferreira, wat as die streekvoorsitter herverkies is, het eerste plekke behaal vir ’n trui (85%), Ierse hekel (84%) en gebreide handskoene (87%).

Die ander vroue wat eerste plekke verwerf het, was Sarie Maartens vir ’n vroetelvoorskoot (83%), Luitha de Jager vir prosa: Die Tandemuis (84%), Elize Jacobs vir masjienwerk oortreksel (83%) en Yula Bezuidenhout in batik (82%).

Bobaas bakker Chrisna Steenkamp het ’n tweede prys verower met haar Hertzoggies, terwyl Alda van der Merwe ’n tweede plek vir haar Turkse lekkers (87%) verwerf het.

Die vroue wat elk derde plekke behaal het, is Elma Jacobs vir batik (76%), Isabel le Roux vir Ierse hekel (80%), Yolande Steenkamp vir masjienwerk oortreksel (77%), Marie Roos in akrielverf (80%) en Elizabeth Kendall vir Die Tandemuis (82%).
Marie Roos het ook haar 50 jaar-knopie ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button