Local newsNewsStreeknuus

Rayton se Miané het haar oog op internasionale kroon

“Mense dink modelwerk is sommer net nog ’n stokperdjie. Op internasionale vlak raak dit meer ingewikkeld – daar moet verhoog toesprake gelewer word en ook die paneel van beoordeelaars, verteenwoordigend van baie lande, wat baasgeraak moet word.”

Miané Müller (10), ’n model van Rayton wil ’n voorbeeld vir jong meisies wees; een van selfvertroue met skoonheid van binne en buite.

Miané gaan Suid-Afrika in die Royal Internasionale Miss SA Sweetheart 2025 kompetisie in Julie in Orlando, Florida, verteenwoordig.

By die huis is Miané ’n gewone graad vier dogter en deel van ’n gesin, bestaande uit pa Günther, ma Monique, boetie Graeme (15) en stiefsussie Kayleigh-Ann (16).

Hierdie bondeltjie grasieuse energie het volgens ma, Monique, reeds op vierjarige ouderdom met haar modelwerk begin.
Monique het vertel sy en pa Günther het besluit om Miané te laat modelwerk te doen om Miané se selfvertroue te help bou.

“Ons wou nie net vir haar styl, goeie houding en uiterlike voorkoms leer nie, maar ook wou ons haar wys sy is ’n sterk en unieke individu,” het Monique Streeknuus meegedeel.

“In ’n wêreld waar mense so vining kritiseer en afbreek, wil ons vir Miané leer selfliefde en die ondersteuning van jou gemeenskap is belangrik.”

“Elke meisie is mooi in haar eie menswees. Om nederigheid te bly belangrik en jong meisies moet mekaar, wen of verloor, ondersteun.”

Miané doen haar modelwerk deur ’n bekende modeskool in Pretoria, waar sy sy onder leiding van Cherié Adamson leer.

“Cherié is iemand wat in elke meisie glo en sy het ’n hart van goud. Ons is lief vir haar en die manier waarop sy vir Miané op hierdie pad lei – sy was nog net altyd vir ons ’n seën,” het Monique verder vertel.


‘n Rayton-model Miané Müller (10).

Miané se rits titels agter haar naam is indrukwekkend en soos Monique sê: “Mainé dra al sowat 64 krone en dit is sonder haar trofees en ander wenpryse; dit is net te veel om alles te noem.”

Miané het in 2023 ook aan ’n internasionale kompetisie in Orlando, Florida deelgeneem waar sy ’n vierde plek vir Suid-Afrika behaal het.

“Mense dink modelwerk is sommer net nog ’n stokperdjie. Op internasionale vlak raak dit meer ingewikkeld – daar moet verhoog toesprake gelewer word en ook die paneel van beoordeelaars, verteenwoordigend van baie lande, wat baasgeraak moet word.”

Monique vertel sy noem haarself die ‘model-uber’, want die ry na oefeninge, klasse, kompetisies, voorbereiding en hare en grimering hou haar voltyds besig.


LEES OOK: Meeting in Standerton spotlights HIV/Aids, TB, GBVF work locally


Boonop het dié jong model ook vanjaar by ’n dansskool aangesluit wat help met talent. Miané se droom is om eendag ’n ‘modeljuffrou’ te word, want sy wil ander jong meisies bemagtig om hulle unieke skoonheid te ontdek.

“Dit is ’n lang pad, maar Miané se uiteindelik doel is om ander meisies te leer skoonheid word nie tot een standaard beperk nie. Dit is ’n gevoel, ’n houding en ’n manier van leef.

“Ons as gesin staan Miané by en is supertrots op haar. Pa Günter bid altyd vir haar met elke vertoning en laat haar verstaan dat as sy Jesus in haar hart dra, Hy haar sal dra,” het Monique ook vertel.

“Günter is ’n trotse pa en ons is dankbaar hy doen alles in sy vermoë om ons te ondersteun.”


Graeme, Kayleigh-Ann en Monique Müller.

Tans is die Müllers besig om Miané se uitrustings, bestaande uit aand, top model, informele en ‘fun fashion’ te laat maak.

“Die kostes vir die voorbereiding en deelname is astronomies en daarom het ons vir Miané ’n BackaBuddy blad gestig.

Om by te dra tot Miané se droom om aan die kompetsie deel te neem, besoek haar BackaBuddy blad, Miss SA Sweetheart 2024/25.

“Miané gaan teen ongeveer modelle van 10 ander lande op die verhoog meeding, help haar asseblief om die kroon vir Suid-Afrika huis toe te bring,” het ma Monique afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button