Local newsLocal sportNews

Jong rugbyspelers meet kragte op Bethal

Eerste wedstryd van nuwe liga skop op Bethal af.

’n Groep hoofde van laerskole, onderwysers en ondernemings het onlangs ’n nuwe liga vir klein skole, wat as die Toshiba Innovations Cup bekend staan, begin.

Die doel van dié liga is dat kleiner skole, wat gewoonlik nie aan soveel ligas en rugbywedstryde as groter skole kan deelneem nie, ook meer geleenthede en blootstelling op die rugbyveld kan kry.

Daar is tans ses skole van dorpe in die omgewing wat deel is van dié liga en die organiseerders hoop dat daar teen volgende jaar nog meer kleiner skole sal wees wat aan dié liga gaan deelneem.

Die eerste wedstryd van dié liga het in Maart by Laerskool Marietjie van Niekerk afgeskop en die tweede een vind in April plaas.

Al die wedstryde is vriendskaplik en gaan oor die liefde vir die spel rugby.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button