Local newsNews

VLU vroue van Standerton leer macramé

Die demonstrasie is gelei deur Monica Swart. Die vroue was bederf met heerlike peuselhappies verskaf deur Büter, wie as gasvrou opgetree het.

Die vroue van die VLU Vaalrivier-tak het op 8 April bymekaargekom vir hul maandelikse vergadering.

Hulle het bespreek hoe die tak die VLU se naam hoog gehou het by die onlangse konferensie met hulle talle pryse en prestasies.

Die vroue het ’n nuwe uitdaging aangevat en moet as streekartikel ’n A4 grootte macramé-sak vleg.

Die werkswinkel vir die dag het die vroue geleer hoe om macramé knoppe te maak.

Volgens Gerda Büter het die vroue die demonstrasie interessant gevind en het talle knoope bymekaargesit om die tegniek baas te raak.

Die demonstrasie is gelei deur Monica Swart. Die vroue was bederf met heerlike peuselhappies verskaf deur Büter, wie as gasvrou opgetree het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button