Local newsLocal sportNews

Cullinan speel kookwater rugby

Die wedstryd wat op 12 April op Cullies se tuisveld afgeskop het, was teen die span van die Silver Valke en volgens Van der Merwe was dit weer eens nie ’n maklike wedstryd nie.

Die spelers van die Cullinan Rugbyklub het tydens hul tweede Blou Bul Rugby Unie ligawedstryd op 5 April teen die span van Knights 3 in Pretoria te staan gekom.

Cullinan se kookwater-spelers kon in hul eerste ligawedstryd twee ligapunte vir ’n wegwedstryd op die kaart sit met hul gelykop-speel teen die Knights.

Beide spanne het 17 punte op die telbord gehad met die blaas van die eindfluitjie.

“Dit was harde spel en ons het teen ’n baie goeie span en boonop in nat weer gespeel,” het André van der Merwe, afrigter en komitee-voorsitter, gesê.

Die spelers van die wedsrtyd was Vincent Marucci en Leon van Rooyen. Die puntemasjiene was Marucci met twee drieë en Ruben Behrens wat met ’n strafdoel geslaag het.


Cullies se rugbyspan wat op 5 April teen die span van Knights 3 gelykop gespeel het.

Die wedstryd wat op 12 April op Cullies se tuisveld afgeskop het, was teen die span van die Silver Valke en volgens Van der Merwe was dit weer eens nie ’n maklike wedstryd nie.

“Dit was nog ’n harde wedstryd en was teen ’n vinnige pas gespeel, maar Cullinan se spelers het groot harte en het goeie karakter gewys.”

“Die eindtelling van 20-3 ten gunste van die Cullies getuig daarvan,” het Van der Merwe bygevoeg.

Die spelers van die tuiswedstryd was Willem Minnyen en Pieter Uys.

“Dit was boonop ons eerste tuiswedstryd en ons is dankbaar dat ons vir ons ondersteuners ’n wen kon gee.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button