Local newsNewsStreeknuus

Delmas Herleef se wyk een plant stoptekens by verskeie kruisings

Stoptekens was met die hulp van Boet Harvey en sy helper, Johannes Mahlangu, opgerig en op verskeie plekke was oorgroeide randstene skoongemaak.

Na die pas aflope tyd van harde en deurdringende reën, was daar weer op 10 Maart ’n lieflike herfsdag van sonskyn en mooi weer.

Louise Breytenbach, Delmas Herleef se leier vir Wyk Een op Delmas, het dit as die ideale dag beskou om ’n verskil in haar woongebied te maak.

Stoptekens was met die hulp van Boet Harvey en sy helper, Johannes Mahlangu, opgerig en op verskeie plekke was oorgroeide randstene skoongemaak.

Harvey is ’n bekende gesig van Delmas Herleef; hy word gereeld gesien met die instansie se kleurvolle bakkie en goed ingerigte padwerke-sleepwa besig om slaggate op die dorp te herstel.

“Ons sou al baie graag wou begin om slaggate te vul, maar met die vreeslike reën en nat paaie, was dit nog net nie moontlik nie,” het Harvey aan Streeknuus meegedeel.

“Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om ons wyk te verfraai,” het Breytenbach laat hoor.

Intussen werk Delmas Herleef se trekker en sleepwa een strook deur om parke en sypaadjies op die dorp skoon te hou te midde die aanhoudende reën wat op die dorp val.


Boet Harvey en Johannes Mahlangu van Delmas Herleef plant ’n stopteken op die hoek van Bredenkamp- en Vleistraat op Delmas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button