Local newsNewsStreeknuus

Gereformeerde Kerk op Delmas kry nuwe herder

Die gemeente sien met groot opgewondenheid uit na sy bevestiging op 31 Mei asook sy intreepreek op 1 Junie.

Die jong proponent leraar egpaar, Quintin Venter en sy vrou Ammie saam met kleinding Mia (2), gaan eersdaags die preekstoel van die Gereformeerde Kerk op Delmas vul.

Venter is 27 jaar oud, maar volgens die kerk se skriba, Hendrik Opperman, sien hulle daarna uit om dié nuwe leraar te verwelkom.

“Quintin was sedert 2023 beroepafwagtend. Ons is dankbaar dat hy die beroep na Delmas aanvaar het,” het Opperman laat hoor.

“Quintin en sy gesin verhuis, as dit die Here se wil is, in die middel van Mei na Delmas.”


Ammie, Mia en Quintin Venter.

Die gemeente sien uit na Venter se bevestiging as leraar op 31 Mei en sy intreepreek op Sondag, 1 Junie. Opperman het verder vertel die gemeente kry tans die pastorie, geleë in Pretoriusstraat vir die predikantspaar gereed.

“Ons as gemeente wag vir ons nuwe dominee met groot opgewondenheid; nie net om ons gemeentelede te kom bearbei nie, maar om ook betrokke te wees in die gemeenskappe van Delmas, Sundra en Eloff.

“Ons voorsien ’n goeie verhouding tussen die ander kerke en die skole van die gemeenskap,” het Opperman ook gesê.

Opperman het die gemeenskap genooi om saam te kom kuier vir die inhuldiging op 31 Mei om 12:00, gevolg deur ’n onthaal.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button