Local newsNews

Diere-inspekteur is gasspreker by Bethal VLU

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 20 Mei by te woon.

Marius van Reeuwyk van Saawia (South African Animal Welfare Inspectorate Association) was die gasspreker by die plaaslike VLU-tak wat op 15 April byeen gekom het.

Hy het die vroue meer vertel oor die werk wat hy doen en staaltjies uit sy verlede toe hy as polisieman, die weermag en in Afghanistan gewerk het.

Van Reeuwyk is tot hoof inspekteur van Saawia bevorder en kan ook die wetgewing rondom dieremishandeling en verwaarlosing hanteer, asook mense wat die wet oortree hof toe sleep. Hy reken honde word baie kere verkeerd verstaan of hanteer as hulle aggresief voorkom of mense byt.

“Baie mense kyk videos op sosiale media oor byvoorbeeld Malinois honde wat teen mure uithardloop. Dan wil dié mense sulke honde kry, maar as die hond ses maande oud is, land hy by die DBV of ander diere-organisasies omdat hulle hom nie meer wil hê nie,” het Van Reeuwyk vertel.

“’n Malinois of Duitse Herdershond is ’n ras wat aktief en intelligent is; ’n mens moet hul brein die hele tyd besig hou.

“Mense kry honde vir die verkeerde redes. As jy dit oorweeg om ’n troeteldier te kry, ken die ras en dink of die hond by jou familie gaan inpas.


LEES OOK: SHS athletes excell at SA Champs


“Enige troeteldier is ’n verantwoordelikheid. As jy ’n troeteldier wil kry, moet jy genoeg geld hê vir veearts onkostes en tyd om aandag en liefde te gee, wat diere meer nodig het as net kos en water.

“As jy van diere hou, maar jy het nie die tyd om aandag te gee of genoeg geld vir kos en veearts onkostes nie, gaan werk as vrywillger by die diere-organisasies in jou omgewing en bestee daar tyd saam met honde eerder as om een te kry wat nie genoeg liefde en aandag gaan kry nie.”

Van Reeuwyk het die gemeenskap gemaan om nie hul honde aan kettings vas te maak nie en gewaarsku dat jy’n kriminele rekord kan kry as jy van dieremishandeling of nalatigheid aangekla word.

Die voorsitter, Jenny van Rheede van Oudshoorn, het met lede oor een van die VLU projekte gepraat – om genadesakkies vir vroue in nood bymekaar te maak.

Die doel van dié genadesakkies is om vroue wat deur moeilike omstandighede gaan en vining moet vlug vanaf hul huise, te ondersteun deur so ’n sakkie met toiletware, uit te deel.

Die VLU Bethal-tak hou hul volgende vergadering op 20 Mei om 09:00 vir 09:30 by die NG Kerk Bethal-Oos-gemeente.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.



LEES OOK: Construction of Standerton’s Ext 8 will continue this month

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button