Local newsNews

Fotograwe kom byeen in Secunda

Belangstellendes is welkom om volgende vergaderig op 2 Mei by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 4 April vergader en Sussa Pelser se foto, Light Painting, het haar die eerste plek in die voorgeskrewe onderwerpafdeling besorg.

Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang en die voorgeskrewe onderwerp vir April was ‘Slow Shutter’.

Peter Winnan was die beste fotograaf onder die senior fotograwe en het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Lions Playing, in die natuurafdeling gekry. Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Lion Drinking, on die tweekleurige foto-afdeling gekry.

John Mullineux was die beste fotograaf onder die senior fotograwe en het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, St Helena Lighthous in die landskapafdeling gekry.

Hy het ook sertifikate van meriete vir sy fotos, Blue Bird Test Trace at Verneukpan, ook in die landskapafdeling, en Cape Fox Style Love, in die natuurafdeling, ontvang.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is Edmund Hattingh, vir sy foto’s, Nou Bad ek Darem Lekker, in die natuurvoëlsafdeling en Voerbale op Land in die fotojoernalistieke afdeling, Piet Potgieter vir sy foto’s, Are We Lost, in die pikturale afdeling en Lots of Sand in die landskapafdeling, Yolandi Geyser vir haar foto’s, Excuse Me, in die natuurvoëlsafdeling, Are You Looking at Me in die tweekleurige foto-afdeling, Small Wonder en Busy Worker in die natuurafdeling en Painting with a Rose in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Lorraine Botha vir haar foto’s, Baby at Beach in die pikturale afdeling, Romantic in die voorgeskrewe onderwerpafdeling en My Sister is also Smiling, en This is my Best Smile, beide in die tweekleurige foto-afdeling, dr. Leon Pelser vir sy foto’s, Clouds over Canolas, in die landskapafdeling en Harvard

Display en Saving a Life, beide in die pikturale afdeling. Marius Krige vir sy foto’s, Sun Sand and Fetch, In the Heat of the Game en The Last Pose Natures Silent End, al drie in die pikturale afdeling en A Prayer to His Lord in die tweekleurige foto-afdeling en Anzette Snyders vir haar foto, Site Visit, in die fotojoernalistieke afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 2 Mei om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button