Local newsNewsStreeknuus
Spreker van faam motiveer onnies in Delmas-omgewing
“Die personeel se emmers is gevul deur die kragtige woorde wat Myan met ons kom deel het.”
Myan Subrayan, motiveringspreker en boek skrywer, het op 15 April besoek aan Delmas gebring.
Onderwysers van laerskole Sundra, Delmas en Eloff en Hoërskool Delmas het in die hoërskool saal byeengekom om Subrayan se motivering sessie by te woon.
“Die personeel se emmers is gevul deur die kragtige woorde wat Myan met ons kom deel het,” het Jacques de Beer, adjunkhoof van Laerskool Sundra, gesê.
“Myan het diep spore in elkeen van ons se harte getrap en ons weer laat besef dat ons moet vasbyt en nooit moed opgee nie. Ons bedank Myan vir sy woorde; hy het verseker ons harte aangeraak.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



