Wêreld Boekedag is in Streeknuus-kontrei gevier
Teen dié agtergrond word dié spesiale dag ook in Suid-Afrika gevier enis in die Streeknuus lesers gebied by skole en kleuterskole gevier.
Skole en kleuterskole regoor Streeknuus se lesersgebied het op 23 April wêreld boekedag op unieke wyses gevier.
Dié dag, ook bekend wêreld boek- en kopieregdag of Internasionale Dag van die Boek, is ’n jaarlikse geleentheid wat deur Unesco, die VN se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, gereël word om lees, publisering en kopiereg te bevorder.
Volgens Wikipedia is die eerste wêreld boekedag op 23 April 1995 gevier en word dit steeds op dié dag erken.
Volgens inligting het UNESCO besluit dat die wêreld boek- en kopieregdag op 23 April gevier sal word, omdat dié datum ook die herdenking van die dood van William Shakespeare en Inca Garcilaso de la Vega is, asook dié van die geboorte of dood van verskeie ander prominente skrywers.

Die oorspronklike idee was in 1922 deur Vicente Clavel, direkteur van Cervantes Uitgewery in Barcelona, uitgedink as ’n manier om die skrywer Miguel de Cervantes te vereer en die verkope van boeke ’n hupstoot te gee.
In ’n historiese toeval het Shakespeare en Cervantes op dieselfde datum gesterf – 23 April 1616, maar nie op dieselfde dag nie, aangesien Spanje destyds die Gregoriaanse kalender gebruik het en Engeland die Juliaanse kalender
Dit was die eerste keer op 7 Oktober 1926, Cervantes se verjaardag, gevier voordat dit na sy sterfdatum, 23 April 1930, verskuif is.
Teen dié agtergrond word dié spesiale dag ook in Suid-Afrika gevier en in Streeknuus se gebied by skole en kleuterskole.
By Laerskool Delmas het leerders soos karakters uit storieboeke aangetrek. Onderwysers het meegedoen aan die oggend se boeke pret en self met ’n paar interessante karakters vorendag gekom.
Laerskool Witpoort het hul boekedag op 25 April gevier. Die Witties het as hul as gunsteling boekkarakters skool toe gegaan.

Laerskool Sundra het boeke uit hul ‘vaal-biblioteek’ gehaal, stories daaruit voorgelees en leerders kon dan illustrasie-voorblaaie vir die boeke ontwerp. Die beste illustrasie voorblaaie-wenners was na die tyd aangewys.
Ook Laerskool Eloff leerders het dié dag met hul neuse diep in boeke gevier. Kleingoed by Heidi- en Rakkers Kleuterskole op Delmas het elk ook die dag op unieke wyse gevier.
Nesher Privaat skool het ook die belangrikheid van boeke en lees op die dag aan hul leerders oorgedra.
In 2023 was Accra, die hoofstad van Ghana, as die wêreld boek hoofstad aangewys en in 2024 is Straatsbourg in Frankryk as wêreld boek hoofstad.
(Bron van inligting: Wikipedia)









