Kroonblaartak vier sewende verjaardag
Die Kroonblare beoog ’n winterprojek om serpe, mussies en handskoene te skenk aan dié wat dit nodig het.

Die VLU Kroonblaar-tak op Bronkhorstspruit het in April hul sewende bestaansjaar gevier.
Dié aandtak is op 11 April 2018 gestig vir vroue wat bedags werk.
Die verjaardag viering het vroeg in April plaasgevind met ’n vergadering, sjampanje, eetgoed en ’n mini prysuitdeling.
Elke lid het ’n koffiebeker met haar naam, artikels ingehandig en totale punte behaal daarop geskryf. Die artikel plekwenners het warmbekers ontvang. Die lede wat trofeë gewen het, het waterbottels ontvang.
Die Kroonblare beoog ’n winterprojek om serpe, mussies en handskoene te skenk aan dié wat dit nodig het.
Die vroue daag ander VLU takke uit om ook betrokke te raak. Die plan is om die warm klere op 4 Junie te versprei.



